Home 2018-10-07T18:04:18+00:00

Die duo SUPERSNAAR bestaan uit Tinus van Dyk op stem, elektriese kitaar, akoestiese kitaar en ukulele en Barry Steenkamp op baskitaar, elektriese kitaar, akoestiese kitaar en ukulele.

Hulle musiek behels ’n verskeidenheid van Afrikaanse musiek, folk, rock en het ’n eklektiese kwaliteit van sy eie.

Saam snoer hulle hul talent en ondervinding saam vir ’n onvergeetlike optrede wat aanklank sal vind by ’n baie wye gehoorspektrum – Afrikaans, Engels, oud en jonk!

WIE IS ONS:

Tinus van Dyk is ’n professionele musikant van Stellenbosch met baie ondervinding in uitvoerende kunste. Hy was deel van die groep “Luna” en tree ook op by verskeie “venues“ landswyd as solo kunstenaar. Onlangse venues waar hy opgetree het is die “ Die Blou Hond“ in Pretoria en “The Alma Cafe” in Kaapstad.

Barry Steenkamp is lid van “Die Radio Kalahari Orkes“ onder Ian Roberts. Hulle tree gereeld by verskeie venues landswyd op onder andere “Die Atterbury Teater“ in Pretoria. Hy was ook lid van die groep “Akkedis” en “Luna“.

SHOWS

OPEN VIR PARLOTONES, 4 AUGUSTUS 2018
HOËRSKOOL HARTBEESPOORT BY HARTIES UNITE ROCK FEST

 

Tinus van Dyk

BESOEK WEBWERF

Radio Kalahari Orkes

BESOEK WEBWERF

KONTAK ONS